product-details

Hoopvol eBook

0 Reviews
$13.65 $10.92
200 in stock

Unconditional Satisfaction Guarantee
No Shipping Fees Above 30
2 Months to Decide. Returns Simplified.

Hierdie boek is bekroon met die Silwer Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2011. Ben word koud. Sy mond voel skielik droog. Hy kyk na die foto teen die varsproduktemark se muur. Sy blik is vasgenael op die man heel regs op die foto. Hy vat versigtig met sy vinger aan die man se gesig. Hy het n pa. n Regte pa. Dink jy ons is te slapgat om iets weg van hierdie dorp af te waag? vra Liefie terwyl sy haar lang, bruin bene in die sonnetjie strek. Hoekom het ons nie ook verlede jaar n matriek op n trein geklim en gaan kyk wat ons op die eerste die beste dorp anderkant Hoopvol gedoen kan kry nie? Nathalie kyk na die druiweprieel wat die dak van die hotel se binnehof byna toegerank het. Dalk wou ons nie, antwoord sy. Miskien is dit bedoel dat party mense op sulke plekke soos Hoopvol moet lewe. Hoopvol is die aangrypende verhaal van Ben wat n n traumatiese gebeurtenis by sy huis in Johannesburg blindelings op n trein klim om die pa te gaan soek wat hy nooit geken het nie. Dis ook die storie van Nathalie se uitsiglose lewe op n dorpie in die Karoo. Op verrassende wyse word di stories een.

Shipping Info Standard Shipping
Free Shipping We offer free shipping on orders over $30. Please check the free - shipping eligibility at checkout.
Delivery Time: It usually takes 3-5 business days for standard shipping. Please note that this is an estimated time frame and may be affected by local holidays, and unforeseen circumstances.